Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Webroekeloos.co.za Google

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Flieks

Stuur jou resensie vir ons by

AI

A.I.

Met: Haley Joel Osment, Jude Law en William Hurt
Regisseur: Steven Spielberg

Die lang-verwagte rolprent deur Oscar-wenner Steven Spielberg, A.I. Artificial Intelligence, speel af in ´n toekoms wat heeltemal anders is as enigiets wat ons vandag ken. Om ´n gesin te begin is onderworpe aan streng regeringsbeperking, elke aspek van die daaglikse lewe word gemonitor en tegnologie het so gevorder dat die meeste normale werk deur robotte gedoen word.

Emosie is die laaste, omstrede grens in die robot-evolusie. Robotte is gesofistikeerde toestelle maar hulle het nie gevoelens nie, totdat Cybertronics Manufacturing ´n oplossing ontwerp - die prototipe "robot-met-gevoel" David.

Haley Joel Osment speel die rol van David, die robot, wat aangeneem word deur Henry en Monica Swinton (Sam Robards en Frances O'Connor), ´n werknemer van Cybertronics en sy vrou, wie se eie seun (Jake Thomas) so siek is dat hy kriogenies bevries is totdat ´n geneesmiddel gevind kan word.

Anders as met vorige modelle, neem David werklik inligting en beelde in, en verwerk dit op ´n manier wat baie menslik is. Hy verbind ook die idees aan sy emosies. En hy begin dink aan sy eie bestaanswerklikheid.

Hoewel hy gelydelik die Swintons se kind word, met al die liefde en beskerming wat dit behels, maak ´n reeks onverwagte omstandighede dié tipe lewe vir David onmoontlik.

Sonder totale aanvaarding deur mense of masjiene, en net gewapen met Teddy, sy superspeelding teddiebeer en beskermer, vertrek David op ´n reis om te ontdek waar hy werklik tuis hoort. In die proses ontdek hy ´n wêreld waar die skeiding tussen robot en mens beide vreesaanjaend groot en dramaties klein is.

A.I., wat gebaseer is op ´n kortverhaal Supertoys Last All Summer Long deur Brian Aldiss, was ´n obsessie by die rolprentmaker wyle Stanley Kubrick, wat vir 15 jaar aan die materiaal gewerk het voordat hy dit oorgegee het aan sy ou vriend Steven Spielberg, wat uiteindelik die fliek geskryf en geregisseur het.

"In die 1980's het Stanley Kubrick my in sy skeppende vertroue geneem en my ´n absoluut pragtige storie vertel wat heeltemal onmoontlik was om te vergeet," sê Spielberg. "Ek dink dit was die versigtige mengsel van wetenskap en menslikheid wat my angstig gemaak het dat Stanley die storie moet vertel, en wat my, nadat hy weg is, gelei het om dit namens hom te wil vertel."
Koop/Buy A.I....
Koop/Buy Supertoys Last All Summer...

Flieks
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
Q
R
S
T
U
V
W
X
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner