Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Webroekeloos.co.za Google

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Flieks

Stuur jou resensie vir ons by

3000 Miles to Graceland

3000 Miles to Graceland

Met: Kurt Russell, Kevin Costner, Courtney Cox, Christian Slater en David Arquette
Regisseur: Demian Lichtenstein

Die partytjie het begin! Dis Internasionale Elvis-week in die glinsterende gloeilamp hoofstad van die wêreld - Las Vegas. Die strate, hotelle en casinos is gepak met miljoene Elvis-aanhangers en nabootsers van elke kleur, geur en grootte - net die plek vir ´n rooftog.

Vyf oud-tronkvoëls trek Elvis-kostuums aan (hier gaan hulle nie uitstaan nie) en sit af om die Riviera-casino te beroof. In ´n geweldadige en verwoestende roof kom hulle weg met $3,2-miljoen. Nou moet hulle net die geld verdeel, dit deur ´n "was"-proses sit en hulle bekommernisse is iets van die verlede. Maar dis natuurlik nooit so eenvoudig nie. As dit was, sou die fliek baie korter gewees het.

Kevin Costner maak totaal op vir sy swak vertonings in Waterworld en The Postman as Murphy, die wreedaardige, rug-stekende leier van die Elvis-5. Hy is sleg tot in sy niere. En hy glo ook absoluut dat hy die buite-egtelike seun van Elvis Presley is.

Sy regterhand is sy oud-selmaat Michael, heel gepas gespeel deur Kurt Russell. Michael het egter ´n misdadiger met ´n gewete geword en wil wegkom van dié tipe lewe na hierdie nog-net-een-keer-en-dan-is-dit-finaal-verby rooftog. Dis altyd makliker om misdaad te los as jou beursie vol is. Saam beplan hulle die rooftog van hulle lewens.

Die bende woon in die motel met die gepaste naam Last Chance-motel. Dit is ´n hool waar die lieflike Cybil (met ´n C), geesdriftig gespeel deur Courteney Cox van Friends-faam, en haar kleptomaniese jong seun ook inkruip. Wanneer die geleentheid om haar lewe en haar geldelike omstandighede te verbeter kom, gryp sy dit met albei hande aan.

Wanneer hulle na die Last Chance-motel terugkeer om die buit te verdeel, kom die bendelede natuurlik nie meer so goed klaar nie. En kort voor lank is daar verraad en natuurlik, ´n moord. Murphy besluit ´n gelykop verdeling is nie deel van die nuwe plan of sy karakter nie. Michael is voorbereid op die plannetjie en kry dit reg om met die buit te ontsnap. Met dollar-tekens in haar oë gaan Cybil en haar voor-op-die-wa seun saam.

Dan volg ´n jaagtog deur Amerika en Kanada soos Michael, Cybil en Murphy geld en mekaar agtervolg. Ons sien ´n land vol motors vol kop-skuddende honed wat uit verbygaande motors staar en vreemde mense. Ons ontmoet vrouens wat blykbaar nie afgestoot nie, maar eerder aangetrokke is tot moordenaars en ander bisarre persoonlikhede met een of ander afwyking. Net ´n Amerika kan hulle normaal lyk.

Hoewel die fliek se storie nie uniek is nie, is die uitvoering daarvan wel. Die pas is opwindend, die filmtegniek buitengewoon en die aksietonele beide uitputtend en oorverdowend. Dit kan wees weens die regisseur Demian Lichtenstein se agtergrond van advertensies en musiekvideos.

Die resensent Jacqui Thompson sê al die karakters is sterk, selfs die minder belangrikes, en hulle dra by tot die awaregse gevoel van die film. Daar is heerlike cameo-rolle deur Kevin Pollack en Thomas Hayden Church as die wetstoepassers wat altyd net een stappie agter die rowers is in hulle ontsnapping.

Die fliek hemel geweld op en wys dat misdaad betalend is. Ongemaklik naby aan die werklikheid vir Suid-Afrikaners! Die finale uitgerekte konfrontasie met Ice-T as ´n een-man-weermag gaan nie af nie en die einde is voorspelbaar. Maar 3 000 Miles to Graceland is ´n vinnige, stylvolle prent wat ongetwyfeld ´n groot groep aanhangers sal kweek.
Koop/Buy 3000 Miles to Graceland...

Flieks
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
Q
R
S
T
U
V
W
X
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner