AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
Stuur jou resensie vir ons by Angel EyesMet: Jennifer Lopez en Sonia Braga Angel Eyes is ´n storie oor ´n klaarblyklik onwaarskynlike paartjie wie se paaie onder lewensgevaarlike omstandighede kruis asof hulle bestem is om nie net te ontmoet nie, maar ook mekaar se lewens te red. Sharon Pogue (Jennifer Lopez) is ´n uitstekende polisielid. "Sy is taai en sy maak nie toegewings nie," verduidelik regisseur Luis Mandoki. "Sy sal enigiets doen om reg op te tree, maak nie saak wat dit haar kos nie." In ´n hoë-misdaad distrik in Chicago se suidelike deel, is sy deur haar werk daagliks in lewensgevaar terwyl sy dwelmsmokkelaars in hegtenis neem, gewapende misdadigers aankeer en gevegte opbreek. The intense woede wat dikwels deur haar professionele uiterlike breek in die lig van sulke geweldadige situasies laat haar makker en vriend Robby (Terrence Howard) vermoed dat sy dikwels te doen gehad met geweld lank voordat sy ´n polisieuniform begin dra het. Maar dis iets wat sy verkies om nie oor te praat nie. Sharon se toewyding aan haar werk maak nie juis op daarvoor dat sy geen persoonlike lewe het nie. Sy is jare lank reeds vervreem van haar familie. Afgesny van hulle en van die lewe in die algemeen, maak Sharon haar dae vol met die werk en haar nagte met haar private berou. Erens in dieselfde buurt lewe ´n man met die naam Catch (Jim Caviezel) sy eie half-lewe. Hy's ´n vreemde, geteisterde siel wat slaap in ´n leë woonstel en sy dae deurbring deur klein blykies van vriendskap uit te deel aan almal wat in nood is. As dit begin reën en hy sien ´n karvenster wat oopstaan, draai Catch dit toe; as ´n vreemdeling verbystap, sal Catch vir hom glimlag. Twee keer ´n week lewer hy kruideniersware af by ´n gestremde vrou Elanora Davis (Shirley Knight). Hy en Elanora maak elke keer dieselfde ligte grappies teenoor mekaar maar sy het geleer om hom nie die tipe vrae te vra wat hy nie wil beantwoord nie. Vir die meeste mense met wie hy te doen kry is Catch ´n vreemde maar skadelose karakter. Vir ander lyk hy gevaarlik en suspisieus. Maar Catch voel vere vir die reaksie wat hy uitlok. Hy beweeg deur die landskap in ´n soort eksistensiële dwaal, en lewer sy dienste outomaties asof dit die enigste ding is wat hy veronderstel is om te doen. Maar dit lyk nie of hy enige plesier daaruit kry nie. Soos Sharon het hy geen persoonlike lewe nie. Dit is eers wanneer Catch en Sharon verlief raak en dat die risiko loop om daardie liefde te verloor dat hulle gedwing word om uit te vind wie hulle regtig is. Na jare waarin hulle met hulle pyn moes saamleef, moet die onwaarskynlike paar moeilike besluite neem en moontlik mekaar verloor as hulle vorentoe wil beweeg en weer beheer oor hulle eie lewens wil neem. |