AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by Harry Potter and the Chamber of SecretsMet: Kenneth Branagh, John Cleese, Robbie Coltrane, Richard Harris, Alan Rickman en Maggie Smith Nog ´n jaar het in die niet verdwyn en Harry Potter is nie meer ´n beginner by Hogwarts nie en so ook nie regisseur Chris Columbus met die Potter-sage nie. Die tweede Potter-boek, Harry Potter and the Chamber of Secrets, is maklik die swakste tot op hede, maar beslis nie Chris Columbus se vertolking daarvan nie. Die storie begin met die Weasley-broers wat Harry red van die simpel spul op Privet Drive en dan word pa Weasley se Ford Anglia tot by Hogwarts gery, met katastrofiese gevolge natuurlik. By die skool beland Potter soos gewoonlik in die moeilikheid (die keer ook by sy portuur) en het al sy toortalente nodig om uiteindelik nog ´n nare monster te verslaan. Chris Columbus verbeter die oorspronklike geskrewe weergawe deur Kenneth Branagh (wat kan ons nog sê van die meester) se karakter aan te pas en meer gebruikersvriendelik te maak. Tesame met Alan Rickman se donker persona op die agtergrond word Harry Potter and the Chamber of Secrets ´n meer vermaaklike fantasie. Columbus verbeter ook op die vorige Potter-fliek deur die pas vinniger te maak en die atmosfeer bietjie van daardie borrelgom-kitch te stroop. Die jong akteurs oortuig nog nie, maar dan verwag mens ook nie veel van hulle nie. Na alles is Harry Potter mos vir die jongelinge en ´n paar uitverkorenes onder ons wat nog weet waarvoor verbeelding bedoel is. |