Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Webroekeloos.co.za Google

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Flieks

Stuur jou resensie vir ons by

Femme Fatale

Met: Rebecca Romijn-Stamos, Antonio Banderas en Peter Coyote
Regisseur: Brian De Palma

Die lang openingstoneel van Brian De Palma se Femme Fatale gryp dadelik die aandag en maak beloftes oor wat voorlê.

Laure (Rebecca Romijn-Stamos), vlug uit Frankryk na ´n roof skeef loop en laat haar maatjies agter vir die ystervuis van die gereg. Jare later keer sy terug na Parys as die vrou van ´n diplomaat. Van nader kom jy egter agter sy het nie haar verlede agter gelaat nie en daarby is sy soos ´n agressiewe wyfiespinnekop wat haar mans gebruik en misbruik.

De Palma vermeng die aksie op die skerm besonder goed met die basiese idee wat hy aan ons wil oorbring. Al klont in sy sous is die minder goeie akteurs wat gebruik is. Die film is te groot vir Rebecca Romijn-Stamos. Daar is seker ander mooi vrouens, met talent, wat gebruik kon word. Antonio Banderas is ook net ´n skadu van sy dae in Spanje en sy eerste paar jaar in Amerika.

Femme Fatale is De Palma se obsessie met dualisme, en wat is makliker in die verband om op te fokus as ´n vrou. Laure is ´n vrou wat haar nie net radikaal skei van die manlike wêreld nie, maar ook is sy meer as wat op die oppervlakte waargeneem kan word. In die verband is dit te verstane dat De Palma ´n aantreklike vrou vir die rol wou hê.

Dwarsdeur die film is daar beelde van water wat as spieëlbeeld dien waarin ons aan ons eie gesplete karakters herinner word. Dit is ook opvallend hoe De Palma Romijn-Stamos se gesig oor die van ander vrouens op posters in die agtergrond. Agterna het dit my getref dat die karakter se naam, Laure, baie na aan die Frans vir water, l'eau, is.

Die regisseur deel ook die skerm op ´n stadium in twee om sy onderwerp tuis te bring by ons.

Femme fatale sal aanhangers oor die hele spektrum kan trek weens ´n verskeidenheid van redes. Persoonlik was ek net dankbaar vir ´n film met meer om die lyf as normaalweg.
7/10
Koop/Buy Femme Fatale...

Flieks
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
Q
R
S
T
U
V
W
X
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner