AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by ChicagoMet: Renee Zellweger, Catherine Zeta-Jones, Richard Gere, Queen Latifah & Lucy Liu Baz Luhrmann het ´n paar jaar gelede die musiekblyspel-genre afgestof en weer op die silwerdoek laat lewe. Met Chicago het Rob Marshall ´n trappie verder probeer klim deur een van Bob Fosse se verhoogstukke na die groot skerm te bring. Chicago is ´n filmweergawe van Bob Fosse se musiekblyspel met dieselfde naam waarin Fosse ons wys hoe korrupsie en blink liggies hand aan hand kan loop. Die sentrale karakter is Roxie Hart (Renee Zellweger), ´n katjie wat jy nie sonder handskoene aanpak nie. Sy kan jou dalk net jou lewe kos terwyl jy deur haar glimlag verblind word. Een van Roxie se drome is om te sing en dans. Die musikale gedeelte van die film hou beslis kers vas by Fosse se werk wat ons op die silwerdoek kon sien in Cabaret en All that Jazz. Renee Zellweger, Catherine Zeta-Jones en Richard Gere kan hulle ding op die verhoog doen en gaan jou verbaas. Hulle verskaf beslis integriteit aan die film as geheel. Rob Marshall het met Chicago ´n groot bul by die horings gepak en word hier en daar erg gegaffel. By tye wil dit voorkom of iemand moed verloor het en maar net dele aan mekaar geplak het. Chicago bly egter na alles ´n indrukwekkende probeerslag. |