AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by Deliver Us from EvaMet: LL Cool J 2003 het reeds ´n paar aangename verassings opgelewer en Deliver Us from Eva is geen uitsondering nie. Praat jy van ´n romantiese komedie met swart akteurs dan hoor ek al vir Barry White in die agtergrond sing en afgewissel word deur Snoop Dogg, weet ek dit is bloot man vs vrou en sien ek al die blink Duitse afslaankapmotor in die oprit wat gewoonlik iewers in die fliek deur die vrou toegetakel gaan word. Deliver Us from Eva is egter alles behalwe die normale romantiese komedie met ´n rymkletser. Al het die fliek sy rymkletser in LL Cool J het regisseur Gary Hardwick hom nie aan konvensies gesteur nie. Die normale twis tussen man en vrou vind plaas tussen twee komplekse karakters. Die storie gaan oor Ray wat deur drie mans gehuur word om die ouer suster van hulle vrouens/meisies, Eva, van hul rug af te kry. Eva moes haar susters grootmaak nadat hul ouers in ´n motorongeluk oorlede is. Die film teken goeie punte aan omdat die karakters se motivering duidelik aan die gehoor oorgedra word. Dinge gebeur nie net nie. Dit maak sin teen die agtergrond wat vir ons geskets word en die gevoelens van die karakters waarvan die gehoor bewus is. |