Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Webroekeloos.co.za Google

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Flieks

Stuur jou resensie vir ons by

National Security

Met: Martin Lawrence, Eric Roberts en Steve Zahn
Regisseur: Dennis Dugan

Wêreldvrede was nog altyd ´n doelwit om na te streef. Hoekom sou jy jou medemens wil leed aan doen? Nadat jy National Security gesien het sal jy dalk vrede op aarde wil versteur en ´n sekere regisseur te lyf wil gaan.

National Security handel oor ´n gewese polisieman se soektog na moordenaars. ´n Polisieman verloor sy kollega in ´n skietgeveg. Kort daarna raak hy betrokke in ´n bakleiery met ´n motordief (Martin Lawrence). ´n Rodney King-skandaal volg en hy verloor sy werk en beland in die tronk. Met die gevangenisstraf agter die rug probeer hy nou die moordenaars van sy kollega opspoor met behulp van die ou wat destyds sy motor probeer steel het. Op die punt moet mens seker noem dat National Security ´n komedie is.

Die komedie gaan op een of ander stadium ´n suur smaak in jou mond los aangesien dit teer op misverstande tussen rasse en stereotipes benadruk. Dit raak later meer van ´n eensydige behandeling van raskwessies.

Martin Lawrence is ´n pyn om te aanskou, want die is nou so vol van homself dat hy dit net nie meer kan inhou nie. Natuurlik is daar ook ´n meisie met mooi boude vir wie Lawrence aanlonk.

Daar is nie veel om oor die lag in National Security nie, maar as jy jou kop wil skud en treur dan kan jy maar gaan kyk.
1/10

Flieks
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
Q
R
S
T
U
V
W
X
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner