AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
Stuur jou resensie vir ons by PhoneboothMet: Colin Farrell, Kiefer Sutherland en Forest Whitaker Die fliek loop jou storm soos ´n bedonderde Afrikaner-bul op volle vaart, skep jou op, maar los jou nie met veel as hy met jou klaar is nie. Colin Farrell antwoord ´n telefoon by ´n openbare hokkie in New York en dan breek die hel los. Die stem aan die ander kant hou hom dop en dreig om hom te skiet as hy die hokkie verlaat. Joel Schumacher bly in Farrell se gesig soos ´n lastige vlieg en die beeld-in-beeld was vir my lastig. Phonebooth het heelwat skop, maar miskien sou dit beter afgekom het met ´n ander regisseur en hoofrol. In die geheel is dit egter goeie vermaak en ´n interessante konsep.6/10 |