AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by The RecruitMet: Al Pacino en Colin Farrell Selfs die beter akteurs in Hollywood is nie immuun teen ´n swak vertolking nie. So verskaf The Recruit ´n geleentheid aan Al Pacino om verveeld te lyk voor die kamera. Die riller handel oor ´n ou hand in die CIA, Walter Burke (Al Pacino) wat die nuwe skoongesig laaitie moet touwys maak. Die jong handlanger word later vir ´n operasie aangewend. Mens kan nie help om te wonder of ware lede van die CIA nie dalk op die grond rol en lag by aanskoue van die klugspul nie. Spanning is so te sê afwesig en die storielyn hou geen verrassings in nie. Die fliek is al verby wanneer jy besef jy wag nog steeds op iets om te gebeur. Dit wil voorkom of Pacino net anwesig is vir ´n tjek en wat farrel probeer doen met daardie aangeplakte gesiggie sal net hy weet. Hopelik weet Roger Donaldson nou hy sal mooi moet dink voor hy weer ´n spioenasieriller aanpak. |