AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by Freddy vs JasonMet: Robert Englund Die hele konsep van Freddy vs Jason moes dadelik blink sterre opgetower het in die oë van ´n industrie wat deesdae net die almagtige dollar dien. Soos ander soortgelyke konsepte val dit plat soos goedkoop haarsproei. Freddy Krueger maak sy terugkeer deur hom in die drome van Jason Voorhees, die Friday the 13th-karakter, in te wurm. Soos alle Freddy fans sal weet kry Mnr. Mesvingers gestalte as jy van hom droom. Die tieners wat onder Freddy se hande moet deurloop maak ´n plan om hom en Jason teen mekaar af te speel in die klimaks van die film. Ek raai dat regisseur Ronny Yu nie vir sy talent gekies is nie. Die bekendste film op sy kerfstok is Bride of Chucky. Maar dan maak dit ook nie werklik saak nie. Net soos ek en ´n paar ander simpel mense in ´n tou gestaan het vir Bride of Chucky, so staan ons in die tou vir Freddy vs Jason. Daar is ook geen komplimente vir die akteurs nie, behalwe dalk Freddy se woorde toe hy vir Destiny's Child se Kelly Rowland sien: "Hmm, soet, donker vleis". |