Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Webroekeloos.co.za Google

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Flieks

Stuur jou resensie vir ons by

Alexander

Met: Colin Farrell, Jared Leto, Val Kilmer & Angelina Jolie
Regisseur: Oliver Stone

Die storie van Alexander die Grote, die wêreld se grootste veroweraar, is omskep in iets wat gaan uitverkoop soos ´n Cowboy-matinee in Carltonville.

Indien jy nie die storie van Alexander ken nie is dit nou ´n goeie tyd om te belê in ´n geskiedenisboek. Moet nie verwag om die geskiedenis te leer van Oliver Stone en sy Alexander (Colin Farrell) nie.

Stone se Alexander is meer van ´n popster as ´n heerser. Sy persoonlike lewe is natuurlik aangepas vir die Amerikaanse middelklas. Trou was vir Alexander ´n politieke instrument. Hy het ´n openlike homoseksuele verhouding gehad. In die film lyk die twee ouens meer soos goeie buddies by die rugbyklub.

Vangelis se klankbaan is indrukwekkend, maar is heeltemal te groot vir die film.

Colin Farrell was dalk die regte keuse vir die rol van Alexander, maar ongelukkig het Stone drooggemaak en aan die einde lyk die karakter soos Alexander die Kleine.

Ek het nie gedink die dag sal aanbreek wat ek sal sê Oliver Stone het ´n #$%&* fliek gemaak nie, maar nou ja, daar is seker ´n eerste keer vir alles.

Die fliek gaan seker by die meerderheid mense ´n treffer wees.
5/10

Flieks
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
Q
R
S
T
U
V
W
X
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner