AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by KinseyMet: Liam Neeson Liam Neeson, wat die rol voor gesoute akteurs soos Harrison Ford, Russell Crowe, Kevin Spacey en Tom Hanks weggeraap het, speel die rol van Alfred Kinsey - die man verantwoordelik vir die sogenaamde seksuele revolusie. Konserwatiewe en religieuse groepe is woedend oor die grafiese seksuele inhoud van Kinsey en verwys daarna as 'n poging om die reputasie van die seksnavorser wat in 1956 oorlede is, te laat herleef. Kritici is egter gaande oor Neeson se vertolking, "Neeson gives a stunning portrayal of the stooped, misfit scientist and the Irish star is being touted as an Oscar contender." Soos Fahrenheit 911, sorg ook dié rolprent vir protesaksies. "Instead of being lionised, Kinsey's proper place is with Nazi Dr Josef Mengele or your average Hollywood horror flick mad scientist," aldus Robert Knight, direkteur van Concerned Women of America's Culture & Family Institute. Kinsey kom uit 'n streng godsdienstige huis (sy ouers was Metodiste) en het graag vertel dat hy eers in sy middel twintigs sy maagdelikheid verloor het waarna hy die wêreld en Amerika met sy seksnavorsing geskok het. Onder meer met sy boek, Sexual Behaviour In The Human Male (1948) en die 1953 opvolg Sexual Behaviour In The Human Female. Sosioloë verwys steeds na Kinsey as die vader van die seksuele revolusie en hang sy teorieë aan. Die film handel hoofsaaklik oor Kinsey se verhoudings met sy vrou Clara, sy aanhangers en sy eksperimente ten opsigte van biseksualiteit. |