AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by Finding NeverlandMet: Johnny Depp, Dustin Hoffman & Kate Winslet Gee nou maar vir Johnny Depp die Oscar en kry klaar. Hy vertolk die rol van Peter Pan se skepper amper foutloos in Finding Neverland. Laat ons nie vergeet dat JM Barrie glad nie die engeltjie was soos hy in Finding Neverland uitgebeeld word nie. Blykbaar die kat in die donker geknyp; of was dit nou baba katjies? Barry was dalk onnatuurlik naby daardie innerlike kind van hom. Maar dit is nou maar Hollywood se styl; poets blink. Of die skeppers van die fliek sê: "Geinspireer deur...." Dit neem egter niks weg van Johnny Depp nie. In klassieke Depp-styl skep hy 'n onvergeetlike karakter deur sy unieke vertolking. Kate Winslet en Dustin Hoffman is self nie sleg in hul ondersteunende rolle nie. Depp se vertolking word verder geneem deur regisseer Marc Foster wat die grens tussen realiteit en fantasie met 'n uitveër bydam. Foster is net so behendig met die towerstaf soos Aspoestertjie se goue fee. Saam maak alles 'n sjarmante storie, blinkgepoets ofte nie. |