AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by ConstantineMet: Keanu Reeves Dis stille diplomasie tussen Thabo en Bob, ekskuus, God en die Duiwel. Maar dit is die halfnaaitjie (half dood, half lewendig) wat die stoute kabouters hel toe stuur. Soos dit maar gaan met volgelinge het God en die Duiwel probleme met hulle s'n. Die ooreenkoms was dat hulle onderdane sou wegbly van die aarde af. Soos gewoonlik is daar 'n paar skepsels met putty in die ore. Maar moenie vrees nie, Keanu Reeves is die kruisvaarder wat weet hoe om 'n demoon se gat te skop. Die vertolkings in Constantine is so-so, maar darem nie te sleg nie. En die Duiwel is soos gewoonlik die cool ou. Die fliek steun swaar op die twee groot G's, godsdiens en geweld. Die teks is nie watwonders nie, maar die fliek is nie te sleg vir regisseur Francis Lawrence se eerste keer nie. Gooi ewe bietjie film noir in die pot. Visueel aanskoulik en 'n ma se klimaks. |