AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by ![]() Hotel RwandaMet: Don Cheadle, Joaquin Phoenix & Nick Nolte In die moderne wêreld se grootste skande is meer as een miljoen Tsutsi's vermoor in 1994, terwyl ons soos gewoonlik net 'n vinger gelig het om die rooster om te draai. Hotel Rwanda vertel die verhaal van een man, Paul Rusesabagina (Don Cheadle), wat die lewe van 1 200 mense gered het in daardie jaar in Rwanda. Rwanda is nog 'n geval waar 'n Europese moondheid 'n land gevestig het en die natuurlike grense tussen stamme buite rekening gelaat het. Na jare kook die pot oor in Rwanda en 'n bloedbad volg. Die verteenwoordigers van die Verenigde Nasies sien wat gebeur in die land maar hulle oproepe om hulp val op dowe ore. Die storie fokus op Paul die hotelbestuurder en ander se pogings om die mense in hul onmiddelike omgewing te red. Onder moeilike omstandighede hou hy voor dat die hotel nog aan die gang is. Die karakters in hierdie film is so geloofwaardig dat ek vir 'n oomblik my verbeel het ek kyk na 'n dokumentêr. Dit is heel moontlik die beste film wat ek die afgelope twee jaar gesien het. |