AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by ![]() The Hitchhiker's Guide To The GalaxyRegisseur: Garth Jennings Die fliek is flippen cool. Douglas Adams sou tevrede wees. Mense soos ek wat die boek op die rak het sal ook wees. Die storie handel oor die Galaksie en watter vreemde en wonderlike plek dit is. Sien, een Donderdag om en by middagete word die aarde onverwags verwoes om plek te maak vir 'n hyperspace verbypad. Arthur Dent vind net betyds uit dat sy vriend met 'n voorliefde vir whisky 'n alien is en word al die verwoesting gespaar. Die vriend, Ford Prefect, was besig met navorsing vir die boek The Hitchhiker's Guide To The Galaxy en al rede hoekom hy whisky gedrink het was omdat jy nie die Pan Galactic Gargle Blaster op aarde kon koop nie. Wat volg is Dent en 'n handdoek se verkenning van die heelal. The Hitchhiker's Guide To The Galaxy stel dit duidelik dat 'n handdoek die nuttigste artikel is wat 'n interstellêre duimryer kan hê. Die film het duidelik nie 'n goeie begroting gehad nie, so moet nie die beste fx verwag nie, maar dit is verskriklik snaaks en die onkundiges sal leer van die oorspronklike Babel Fish. Die skrywer Douglas Adams is 'n paar jaar gelede oorlede.... met 'n handdoek in sy hande. Bespreek solank 'n plek vir my by The Restaurant At The End Of The Universe en let wel, ek hou van vis. |