Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Webroekeloos.co.za Google

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Flieks

Stuur jou resensie vir ons by

Kingdom of Heaven

Met: Orlando Bloom, Jeremy Irons, Liam Neeson & Edward Norton
Regisseur: Ridley Scott

Al weer moet ek 'n fliek 'n hoë telling gee. Blykbaar verveel dit die lesers as ek dit doen.

Ek het onlangs 'n e-pos ontvang van iemand wat wil weet hoekom ek al die flieks deesdae as goed beoordeel. My venynigheid word glo gemis.

Eerstens moet ek bieg dat ek nooit bedoel om venynig te wees nie. My tong is gewoonlik in my kies. Tweedens is daar in werklikheid meer as een persoon wat bydraes lewer in die afdeling, so dit is nie altyd ek nie. En derdens is ek seker dat die mense in Hollywood ons nog genoeg ammunisie gaan gee om lelik gal te braak. Moenie worry nie, die kat kom weer.

Oor Ridley Scott se Kingdom of Heaven kan ek nie veel gal braak nie. Scott se meevoerende beelde vloei saam om een van die epiese rolprente van ons tyd te skep. Dit is nogal indrukwekkend hoe hy soos 'n bedrewe politikus dit regkry om tussen die hedendaagse knelpunte van die Christendom vs Islam deur te seil. En dit is 'n lekker storie vol interessante karakters met Edward Norton as Koning Baldwin IV wat uitstaan bo die res van die rolverdeling.

Die film vertel die verhaal van die Franse smid / ridder Balian (Orlando Bloom) wat aan die Kruistog na Jerusalem deelneem.

Diegene wat beweer die film is een of ander historiese weergawe praat twak. Daar was wel 'n Franse Balian in Jerusalem, maar die res is Hollywood.

Aksie en avontuur, wat wil 'n mens dan meer hê?
8/10

Flieks
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
Q
R
S
T
U
V
W
X
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner