AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by Mr. & Mrs. SmithMet: Brad Pitt, Angelina Jolie & Adam Brody Daar word van ons eietydse Jane Bond, Angelina Jolie, gesê dat meeste vroue haar net so onweerstaanbaar vind soos mans. Of dit nou weer uit een of ander liegfabriek kom of dalk die waarheid is weet ek nie, maar sag op die oog is sy beslis. Jolie en Brad Pitt het my laat wonder oor hul vertolkings in Mr. and Mrs. Smith . By tye het ek gewonder of die lus hulle bevlieg het. Die fliek is veronderstel om 'n romantiese komedie te wees (of altans ek voel so), maar soms was daar 'n fyn lyn tussen feit en fiksie. Met Doug Liman aan die stuur verwag mens eintlik, en word dit geadverteer as, 'n aksiefliek. Dit is nie vir my nie. Vir diegene wat wonder oor of sukkel met die getroude lewe is die fliek net die regte doepa. Die hoofkarakters is vreeslik lief vir mekaar maar sal die ander een vinnig van die veld af maak op enige goeie geleentheid. Die fliek verdien 'n goeie telling net vir Pitt en Jolie se interaksie. En terwyl die sneeu my die bewerasie gee gaan ek nou warm broei en drome droom van die opvolg, met die uwe en Angelina in die hoofrolle. |