AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by Batman BeginsMet: Christain Bale, Rutger Hauer, Liam Neeson en Morgan Freeman Daai vlieënde rot is terug. Die keer met mening. Batman Begins handel oor 'n man wat soos 'n vlermuis begin aantrek.... en daarvan hou. En wie beter as Christian Bale om so 'n kinky karakter aan te pak. Jy word ook verras deur Liam Neeson as 'n baddie en Rutger Hauer as 'n korporatiewe poephol. Morgan Freeman is die wetenskaplike wat die eerste Batmobile ontwerp; dit lyk soos Margaret Thatcher se vibrator. Wie is 'n beter lyfbediende as Michael Caine en Gary Oldman is 'n eerlike polisieman. Katie Holmes is niks anders as 'n mooi gesiggie in die fliek nie. Anders as die ander resente Batman-flieks lyk die een glad nie soos 'n glanstydskrif nie en is dus eerlik en het boonop meer om die lyf. Die film was 'n aangename verrassing en glad nie wat ek verwag het nie. |