AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by Wedding CrashersMet: Vince Vaughn, Owen Wilson, Jane Seymour, Will Ferrell & Christopher Walken Mans praat gereeld van "chick flieks". Wat is die manlike ekwivalent? Dalk 'n "dick fliek"? Indien wel, welkom by die resensie van 'n dick fliek, Wedding Crashers. Wedding Crashers is snaaks. Indien dit moontlik kon snaakser wees het ek dit meer punte toegeken; duh! Die fliek wil oppervlakkig lyk wanneer dit begin, is bietjie voorspelbaar, maar sit, ontspan, dit raak beter. Water bietjie af aan die einde, maar dit bly 'n wenner. Die idee agter die storie is eenvoudig en oorspronklik. Sluip in by 'n troue en verlei niksvermoedende strooimeisies en ander babes. Wat my laat wonder, hoekom is ongetroude dames altyd 'n maklike prooi by troues? Ek dink die sukses van Wedding Crashers lê in die rolverdeling. Owen Wilson is snaaks, behalwe wanneer hy in 'n Jackie Chan fliek is, dan lyk hy belaglik. Vince Vaughn is ook snaaks en gaan heel moontlik vorentoe nog snaakser raak. En dan is daar Will Ferrel, vergeet van troues, hy glip by begrafnisse in. My gunsteling deel van die fliek? Jane Seymour as 'n nimfomaniak. |