AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by ![]() The Brothers GrimmMet: Matt Damon Indien jy reeds genoeg flieks in jou lewe gekyk het sal jy weet die regisseer Terry Gilliam is een van die grotes (onthou jy Brazil). The Brothers Grimm gaan egter nie deur enige van my mengelmoes ongehude agterkleinkinders onthou word nie, maar dit is waaragtig 'n lekker fliek. The Brothers Grimm het, in normale Hollywood-styl, omtrent niks met die oorspronklike verhaal van die ieseGRIMMige broers te doen nie. Dit is nou die twee broers wat onder andere Hansie en Grietjie geskryf het. Hier is hulle twee avontuurlustige knape, vlugvoetig soos twee gangster op die Cape Flats wat 'n Matrix op die koeëls trek. Ek sou eerder raai hulle was die twee nerds voor in die klas wat perverse gedagtes gekoester het oor die meisie met die groot boesems en rooi rokkie, vandaar Rooikappie. Nie dat die waarheid hier saak maak nie. Dit is lekker oppervlakkige vermaak met 'n briljante Gilliam-beeld hier en daar wat jou die fliek langer laat onthou as gewoonlik. Vat 'n rooirokbokkie en gaan kyk. |