AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by Corpse BrideMet die stemme van: Johnny Depp, Tracey Ullman en Helena Bonham Carter Corpse Bride is die staaltjie van Victor en Victoria. Die paartjie se gereelde huwelik beland op die rotse as Victor per ongeluk 'n lyk om haar hand vra. Die lyk is in ekstase en voor Victor die p van protesteer kan uitkry party hy in die onderwęreld en lyk die moontlikhede goed dat ou Vic een van die basiese manlike fantasieë gaan laat realiseer: Twee van hulle en een van jou. Die stop-motion nommertjie is net te oulik vir woorde. Stop-motion (laat weet maar indien jy die Afrikaans ken) is basies foto's van poppe wat vinnig teruggespeel word. Bydraend tot die pragfilmtjie is die kleurverskille tussen dood en lewend. Dooies is in kleur en die bogrondtrappers in swart en wit.... wel, ten minste tot die Suid-Afrikaanse regering van die Apartheid bewus word. |