Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Webroekeloos.co.za Google

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Flieks

Stuur jou resensie vir ons by

The Legend of Zorro

Met: Antonio Banderas & Catherine Zeta-Jones
Regisseur: Martin Campbell

In my dae as stoftrappertjie het ek saam met al my tydgenootjies die man met die swart masker en die laaaang swaard aanbid. Ek het nie gedink ek sal die dag beleef wat hy in 'n sissie verander nie.

The Mask of Zorro (1998) was seker die beste Zorro-fliek wat ooit gemaak is. Dit was dieselfde regissseer en dieselfde rolverdeling. Maar soos dit met baie getroude paartjies gaan, sit Zorro se vrou nou op sy kop.

"Moenie dit doen nie! Moenie dat doen nie! Waarheen gaan jy nou al weer! Wanneer gaan jy ophou?"
Dit is waarna ons moet luister in The Legend of Zorro. Legende my voet!

Dit is net nie reg dat al die stofpoepertjies nou reeds sien wie is baas en wie is klaas nie. Wat het geword van haar hier in die omtrek van die middellyf knak en vol op die mond soen as sy te veel praat.

In die opvolgprent sal ons seker vir Zorro in die Betty Ford-kliniek besoek.

Daar gaan nog 'n hero!
2 / 10 weens persoonlike teleurstelling

ps. Gelukkig besoek my vrou nie die werf nie.

Flieks
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
Q
R
S
T
U
V
W
X
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner