Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Webroekeloos.co.za Google

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Flieks

Stuur jou resensie vir ons by

Ludwig Wagner

Pampoenkoekies in Cumbria vir Ludwig

Ludwig Wagner is filmpromotor met sy eie ontwerp en reklame maatskappy, Zuluspice, in Londen. Hy bemark onder meer die cd Afrika Kind van nuweling Machiel Roets. Channel Four en Film Four tel onder sy kliënte.

"Ek vier beslís kersfees, maar weer in die Noorde. Met my (oorblywende) familie almal in Suid-Afrika, staan my vriendekring in. Ons is 'n groepie Suid-Afrikaanse "weeskinders" en vriende van oor die wêreld wat elke jaar bymekaarkom en lekker kuier. Dié jaar het ons betyds 'n paar kliphuisies in die Lake District (Cumbria) gehuur en daar gaan ons onder meer pampoenkoekies eet voor groot kaggelvure, geskenke uitruil en sommer snoesig verkeer."

Tradisionele Engelse Kerskos is dikwels op Suid-Afrikaanse tafels; kalkoen met vulsel, gebakte aartappels, groente, bosbessie- (cranberry) en vleissous gevolg deur gebakte poeding in brandewynsous. Kumbriese kos (as mens dit so kan noem) is geregte geskik vir handearbeiders in ekstreme weersomstandighede; ontwerp om families gevoed te hou op die goedkoop manier. Eenvoudige, heilsame kos vir mense met 'n gesonde aptyt. Cumberland wors is seker die beroemdste, sommige tot vier voet in lengte. Cumberland ham is ook gesog maar skaars. Gemmerbrood is nog 'n groot gunsteling en die beroemdste afkomstig van die dorpie Grasmere in die Lake District. Die Grasmere Gingerbread Shop bestaan nog en die brood word op die perseel gebak volgens die Sarah Nelson resep doer uit 1855.

Groot getalle skaap (die populasie is ongeveer drie miljoen) kom op die plaasheuwels en koppies van Cumbria voor, beroemd vir die Lake District Nasionale Park - 'n area van uitstaande natuurskoon. Heelwat streekskos bestaan uit lamsvleis, soos die bekende Herderspastei, 'n nasionale gunsteling met sy oorsprong uit die noorde van Cumbria.

"Ek dink dikwels terug aan kerstyd as kind en die koekies en melk wat ek uitgesit het vir Kersvader. Kersoggend het ek agter 'n stoel in die sitkamer gaan wegkruip en gewag dat hy my geskenke aflewer. Dit was in die dae voor sekuriteitsheinings en waghonde want ons het nooit die huis gesluit nie. Hy hét altyd opgedaag, maar ek weet nou nog nie wie dit werklik was nie en het nie daaraan gedink om te vra nie. Nou is albei my ouers dood en miskien is dit goed dat van die misterie uit my kinderdae behoue gebly het."

Flieks
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
Q
R
S
T
U
V
W
X
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner