AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by King KongMet: Naomi Watts, Adrien Brody & Jack Black Peter Jackson is baas bo baas! Bobaas as dit kom by tegnologies gedrewe flieks. Hy is so behendig met die genre soos Minki van der Westhuizen met 'n krieketbal. Maar moet nie 'n oorvloed van allerhande fancy FX verwag in King Kong nie. Dit is daar, maar ons besef dit nie altyd nie. Die punt hier is dat hy dit gebruik en nog steeds 'n goeie storieverteller bly. Jy glo dat daar emosie betrokke is wanneer Kong na sy Minki kyk. Die akteurs in die fliek lewer spel van goeie gehalte en die agtergrond is visueel aangrypend. My enigste probleem is dat King Kong by tye te menslik voorkom. Hy laat my hier en daar dink aan PW Botha, of eerder, 'n Pieter-Dirk Uys voorstelling van PW Botha. Gaan kyk hoe maak die aap amok. Sorg ook dat daar 'n sneesdoekie of twee in jou handsak is. Beslis een van die jaar se beste flieks! |