AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by Rumour has it...Met: Jennifer Aniston, Kevin Costner, Shirley MacLaine, Mark Ruffalo & Mena Suvari Ek sit eerder 'n bloublasie op my kop voor ek weer na Rumour has it... kyk. Let wel, nie my hoof nie, so dis ernstig. Regisseur Rob Reiner is vreemd. Vanaf 1986 tot 1992 het hy baie goeie werk gedoen. Kyk gerus een van die volgende indien jy twyfel: Stand by Me (1986), The Princess Bride (1987), When Harry Met Sally... (1989), Misery (1990) en A Few Good Men (1992). Die verhaal handel oor Sarah (Jennifer Aniston) wat huis toe gaan vir sussie (Mena Suvari) se troue net om uit te vind dat haar ouma (Shirley MacLaine) en ma 'n gedeelde liefde (Kevin Costner) gehad het wat dalk haar pa is. EN, nou moet jy nie verder lees indien jy die fliek wil gaan kyk nie, sy het seks met die man wat moontlik haar pa kan wees. Wat natuurlik romanties is wanneer hy 'n miljoener is, maar wat sou ons gedink het as hy 'n kafee in Danville het? Bogenoemde moet ons snaaks vind terwyl ons Kevin Costner se gemompel as toneelspel moet aanvaar. Ek het my vinger in my keel gehad die keer. |