AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by The Pink PantherMet: Steve Martin, Jean Reno, Kevin Kline & Beyonce Knowles Om een of ander rede het die fliek my laat dink aan Suid-Afrika onder bewind van die Nasionale Party. So sonder vreugde en al rerige (galge) komedie is die absurde vergrype van die veiligheidspolisie. Ek is van so 'n ouderdom dat ek vertroud is met die films van beide Peter Sellers en Steve Martin, hoewel meer Steve Martin. Laasgenoemde het na my mening die grootste fout van sy loopbaan begaan deur die rol van Inspekteur Jacques Clouseau te aanvaar, 'n rol wat Peter Sellers sy eie gemaak het vanaf 1963 tot 1978. Peter Sellers was bekend vir sy rolle in The Pink Panther (1963), Dr. Strangelove or: How I Learned to Stop Worrying and Love the Bomb (1964), What's New, Pussycat (1965), The Party (1968), The Return of the Pink Panther (1975), The Pink Panther Strikes Again (1976), Revenge of the Pink Panther (1978) en Being There (1979) The Pink Panther is die prequel tot die 1963 weergawe. Die storie was nooit werklik belangrik in 'n Pink Panther-fliek nie. Eerder is daar gesteun op die hopelose Clouseau wie se loop-en-val mannewales die groot attraksie was, iets wat tot op hede nog nooit suksesvol deur enige akteur behalwe Peter Sellers self gedoen kon word nie. Die nuwe weergawe van the Pink Panther het niks om op te steun nie. Steve Martin is 'n baie goeie komediant, maar Clouseau pas net eenvoudig nie by sy styl nie. The Pink Panther is tragies verlaat deur komedie en laat net 'n wrang smaak in die mond. |