Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Webroekeloos.co.za Google

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Flieks

Stuur jou resensie vir ons by

Walk the Line

Met: Joaquin Phoenix & Reese Witherspoon
Regisseur: James Mangold

Ek haat ook sommige (ou?) tannies, alla Koos Kombuis. Hulle treiter my met e-pos omdat ek hulle gunsteling fliek sleg gesê het. Ek is glo bevooroordeeld. Kan jy dit glo?

Die keer moet die tannies asseblief stadig met die e-pos. Ek sê sommer vroegtydig. Ek is 'n aanhanger van die musiek van Johnny Cash en dit kon my dalk op so 'n manier beïnvloed het dat ek moeilik iets sleg kan sê van hierdie rolprent.

Vir die onkundiges: Johnny Cash is 'n musieklegende en geen musiekversameling is enigsins 'n versameling sonder musiek van Johnny Cash nie. Hierdie film is 'n moet vir enige aanhanger van Cash.

Walk the Line is 'n toer van Cash se loopbaan en lewe en is gegrond op sy outobiografieë. Cash se openbare lewe was besaai met drama, maar die film wys net weereens dat die drama van die werklikheis soveel meer aanskoulik is.

Om alles te kroon bied Walk the Line twee van die beste vertolkings deur 'n akteur en aktrise in 'n film. Joaquin Phoenix as Johnny Cash en Reese Witherspoon as sy vrou June Carter. Phoenix en Witherspoon klim so bietjie dieper in hul karakters in as wat mens verwag van Mangold se glansryke aanbieding met 'n ietwat teleurstellende einde en sorg dat die film baie meer diepte het as iets soos, kom ons sê Top Billing. Joaquin Phoenix beweer hy het nog nooit na een van sy eie flieks gekyk nie.

Hierdie film gaan 'n klomp Johnny Cash CD's verkoop.
7 / 10

Flieks
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
Q
R
S
T
U
V
W
X
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner