AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by Who Killed Johannes Kerkorrel?Die lank verwagte dokumentêre rolprent, "Who Killed Johannes Kerkorrel?" word op 1 September om 21:00 op SABC2 vertoon. Die film handel oor die kontroversiële lewe van die Afrikaanse musiekpionier Johannes Kerkorrel. "Who Killed Johannes Kerkorrel?" is beide 'n persoonlike en objektiewe kykie na Johannes Kerkorrel se revolusionêre benadering tot musiek en sy lewe as geheel en die rol wat hierdie besluite later in sy lewe sowel as sy dood gespeel het. Dit vra vrae en verskaf heelwat meer antwoorde as ooit tevore. Baie van die vrae word beantwoord deur persone na aan hom wat voorheen nie op kamera hieroor wou uitwei nie. Dit sluit in sy gewese vrou, Anne Grobler, sy seun Reuben en sy bestuurder Janneke Strijdonk. In België het Raymond van het Groenewoud 'n opname onderbreek om sy selfopgelegde stilswye oor Johannes Kerkorrel te verbreek en sy gevoelens op kamera te deel. Stef Bos vertel ook meer van sy ingewikkelde verhouding met Kerkorrel en verskeie vriende, musikante en kritici gee hulle weergawe van Kerkorrel se tyd in Europa, tot hiertoe nog onbekend aan Suid-Afrikaanse gehore. Heelwat tuisopnames van sy verblyf in België word vertoon. Mense wat weet beantwoord vrae oor sy beweerde selfmoord, HIV-status, finansiële situasie en seksuele voorkeure - finale antwoorde wat dalk 'n einde mag bring aan al die kwaadwillige gerugte sedert sy dood op 12 November 2002. Sy probleme met sekere musikante en die media word ook aangespreek. Die dokumentêre film plaas sy lewe en werk in konteks van die tyd waarin dit afgespeel het, op beide 'n politiese sowel as persoonlike vlak. Deon Maas is die regisseer en skrywer van die film wat oor 'n periode van 18 maande verfilm is in Europa en Suid-Afrika. Maas is 'n eertydse vennoot en vriend van Kerkorrel. Die uitvoerende vervaardiger is Dumi Gumbi en die bekroonde Ivan Leathers was aan die stuur van fotografie. |