AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by The Omen
Regisseur: John Moore Indien jy te jonk is om die oorspronklike The Omen met Gregory Peck te onthou en tien teen een ook nie veel lees nie: Hierdie is die storie van Damien, 'n laaitie wat Ritalin snuif en Chuck Norris soos 'n moffie laat lyk, met ander woorde, jou normale voorstedelike kind. Die oorspronklike skrywer David Seltzer het self die teks vir die nuwe Omen hanteer, nie dat dit help nie, hierdie is tipiese snert van Hollywood se addergebroedsel. Julia Stiles wen wel 'n paar punte vir die film met haar vertolking as die ma wat die kort stokkie getrek het. Hier en daar gaan die film ook 'n gilletjie uit jou kry.
So, tensy jy nog nie by 'n familielid gekuier het met die soort van seuntjie nie, is dit rerig nodig om The Omen te sien nie. |