AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by Lady in the WaterRegisseur: M. Night Shyamalan As 'n aanhanger van M. Night Shyamalan is ek diep teleurgestel. Die keer sien ek net 'n dooie teks. Lady in the Water is 'n onsamehangende slaaptydstorie. Dit is die storie van Cleveland, 'n opsigter wat 'n vreemde meerminagtige wese ontdek in die swembad van die gebou waarna hy omsien. Die wese is op 'n spesiale sending om stories te beskerm teen vreeslike nare monsters. Mag j aan die slaap raak voor die storie klaar vertel is. Die akteurs doen nie slegte werk nie, behalwe M. Night Shyamalan, wat soos gewoonlik 'n verskyning maak in sy eie rolprent. Die keer het hy homself 'n groter rol gegee en nie baie goed gedoen daarmee nie. In kort dink ek Lady in the Water is 'n toonbeeld van wat iemand kan skep wanneer hy te veel in sy eie talent as skrywer en filmmaker begin glo, 'n nat vis. |