AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by You, Me and DupreeMet: Owen Wilson, Kate Hudson, Matt Dillon & Michael Douglas Praat van 'n deurmekaar spul, die fliek het my laat terugverlang na my oumagrootjie se bipolêre oudste suster doer ver in die Vrystaat. Die een oomblik laat sy jou lag dat die mieliepap spat en die volgende minuut verwag sy dat jy jou Sondag-gesig moet opsit en so stil soos 'n muis raak - alles binne 15 sekondes. You, Me and Dupree vertel die storie van die slapgat Randolph Dupree (Owen Wilson) wat alles verloor en by sy jongetroude vriend Carl (Matt Dillon) en sy bruid Molly (Kate Hudson) sy intrek neem. Selfs Jake White sou dit 'n dom move noem. Ek sou graag meer wou lag, maar die komedie is darem 'n bietjie snaaks. Jy bars nie uit in kyk-hoe-lyk-my-mangels-nou-lagbuie nie, meer 'n stil-op-en-af-wip-soos-die-batteryhasie-gegiggel. Dit help ook nie dat die fliek op 'n stadium begin ernstig raak nie, dit pas gewoon nie. Jy voelhalf skuldig omdat jy in die eerste plek gegiggel het. Dit was nou wel nie 'n wonderlike ervaring nie, maar wel goed genoeg vir 'n middag se vermaak. |