AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by World Trade CenterMet: Nicolas Cage & Michael Penal World Trade Center fokus nie juis op die gebeure van 11 September 2001 nie, maar eerder op diegene wat lewend onder die puin is, spesifiek twee reddingwerkers John McLoughlin (Nicolas Cage) en Will Jimeno (Michael Penal). Maar die gebeure van daardie dag bly skok. Die geboue wat inmekaar stort gee jou koue rillings en jy deel die vrees van die oorlewendes wat onder die puin begrawe is. Nicolas Cage lewer 'n goeie vertolking vir iemand wat meeste van die tyd in die donker vasgekeer is. Die film is tipies van wat jy van Oliver Stone kan verwag, eenvoudig maar treffend. Dit is nie die
beste van die 9/11-flieks nie, tot dusver val die eer United 93 te beurt, maar dit bly 'n emosionele treffer. |