AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by Blood DiamondDit is 'n tipiese SA-huursoldaat, dink net aan homself. Eers toe hy sien hy verloor die stryd toe eers neem hy die swartman se belange op die hart. Die soldaat wat sy aksent verloor, ja is dit werklik so belangrik, hy kom tog van Zimbabwe af hulle praat nie soos ons nie. Bietjie lank gewees. Met: Leonardo DiCaprio, Arnold Vosloo & Jennifer Connelly Blood Diamond probeer meer as 'n medisynemaat vol sedelessies in jou keel afgooi, en soos dit Hollywood betaam saam met 'n klomp skop, skiet en donner. Sonder al die skynheiligheid sou Blood Diamond se storielyn dalk meer gewig gedra het. Verbeel jou, 'n Suid-Afrikaanse huursoldaat wat oornag morele waardes ontdek en 'n swart man probeer help. Dieselfde swart man wat 'n reusagtige pienk diamant besit. En om alles te kroon vergeet die Suid-Afrikaner (Leonardo DiCaprio) so af en toe sy Suid-Afrikaanse aksent. Wees gewaarsku dat hulle ook afsluit met 'n prekie. Vir wat? Het die węreld al ooit omgegee oor wat in Afrika gebeur? Gaan vra maar in Rwanda. |