AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by BarnyardMet die stemme van: Courteney Cox & Danny Glover Vat die koeie slaghuis toe! Barnyard is 'n kru animasieprent vir kinders. Barnyard gaan oor 'n bulletjie genaamd Ben wat die trop moet lei na sy pa se ontydige dood. Ben is nie rerig reg vir die taak nie aangesien hy tot onlangs nog karre gesteel en partytjie gehou het. Die elemente waarmee die storie verder volgeprop word is sinneloos. Verder kan jy uitsien na tonele wat sommige klein kindertjies gaan ontstel asook heelwat ras-stereotipes. By tye is die spul eenvoudig net kru. Barnyard verdien wel 'n paar punte vir die kwaliteit van die animasiewerk Sommige mense gaan beslis nie wil hê hul kinders moet die spulletjie sien nie en vir volwassenes is dit heeltemal te eenvoudig ... miskien tog as jy in Danville woon. |