AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
Stuur jou resensie vir ons by 300Met: Gerard Butler Jan Wilkens sou goed gepas het in 300, die storie van groot manne in klein broekies. 300 deur my oë lyk min of meer so: Geharde Spartane hang heeldag in die gym rond, bou spiere, spog met six-packs wat soos twelve-packs lyk, doen die leeuloop, bewonder mekaar se spiere en smeer dit in met olyfolie. Vir ontspanning raak hulle mal in die kop en gaan soek skoor met diegene wat dink hulle is beter as Spartane. Geklee in klein lappies om die nodige toe te hou kap hulle die vyand se koppe af - alles natuurlik in die naam van vryheid (of wat ook al George Bush dit sou noem). Indien ek sê die fliek is geweldadig stel ek dit dalk baie ligtelik. Hierdie is Conan the Barbarian raak mal in 'n hoenderhok. Maar die aksie word goed uitgevoer en die fliek verdien punte vir al die gevegstonele. Die fliek se ander elemente is maar so swak soos jy kan verwag van Zack Snyder. Sy bekendste werk tot op hede: Dawn of the Dead (2004) Hierdie film is visueel mooi genoeg om 'n gay kultusfilm te word en geweldadig genoeg om 'n ou queen te laat flou raak. Dit is ook bombasties genoeg om baie gewild te wees onder almal wat heel naweek op die rusbank sit en TV kyk - met kaal tieties as meevallertjie om voor te cheer. |