Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Webroekeloos.co.za Google

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Flieks

Stuur jou resensie vir ons by

Ghost Rider

Met: Nicolas Cage, Eva Mendes & Peter Fonda
Regisseur: Mark Steven

Waar is die dae toe dit wou voorkom asof Nicolas Cage dalk eendag 'n gerespekteerde akteur gaan wees? Ghost Rider is net nog getuienis dat sy tyd al hoe minder raak.

Vir die van julle wat nie die comic book ken nie: Die Ghost Rider is Johnny Blaze, 'n motorfietswaaghals wat sy siel aan die duiwel verkoop in ruil daarvoor dat sy pa van kanker genees word. Dit keer natuurlik nie die ou swerkater om Johnny se pa in 'n motorongeluk dood te maak nie - sal hom leer om die fynskrif te lees.

Verdere olie op die vuur is Johnny se nuwe aandoening om saans in vlamme uit te bars. Dan is hy natuurlik bestand teen koeëls en alles wat slegte ouens ronddra. In die toestand moet Johnny die duiwel se vuilwerk doen.

Bring water, bring sand, Nicolas Cage is aan die brand!Hierdie is die lyntjie waarin ek die enigste goeie punt van die film kan uitlig: Hulle bly min of meer getrou aan die oorspronklike Ghost Rider. Let tog net daarop dat Johnny Blaze darem gesigsuitdrukkings gehad het en nie lyk asof hy hom met Botox inspuit nie.

Die res van die fliek is simpel en die akteurs moet hulle geld teruggee - Eva Mendes lyk asof sy haar lyne aflees.

Na die brandstapel met dit!
3 / 10

Voorprent: Ghost Rider ->

Flieks
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
Q
R
S
T
U
V
W
X
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner