Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Webroekeloos.co.za Google

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Flieks

Stuur jou resensie vir ons by

Next

Met: Nicolas Cage, Julianne Moore, Jessica Biel & Peter Falk
Regisseur: Lee Tamahori

Volgende, want die een was 'n mors van geld. Al wat ek van Next gehou het was die idee dat iemand Los Angeles wil opblaas.

Dit is Nicolas Cage wat die katastrofe moet keer en ook maar goed so, want hy kan die toekoms sien - al is dit net so twee minute die toekoms in. Next is gebasseer op werk van sci-fi guru Philip K. Dick, maar ek wou die blouapiestuipe kry toe ek sien wat hulle daarmee aangevang het. Die film se storielyn maak nie altyd sin nie en is niks meer as 'n sameflansing van aksietonele nie.

Nieu-Seelander Lee Tamahori is die regisseur en dit is een van sy swakker films. Tamahori lewer normaalweg skitterende werk, soos Along Came a Spider, Mulholland Falls en Once Were Warriors, maar soms is dit werklik flou, soos die tweede xXx-fliek en nou weer Next.

Indien jou brein meeste van die tyd in limbo is kan ek Next aanbeveel, maar die res van ons se geld is beter af in ons sak.
4 / 10

Voorprent: Next ->

Flieks
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
Q
R
S
T
U
V
W
X
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner