AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by Evan AlmightyMet: Steve Carell, Morgan Freeman & John Goodman En Morgan Freeman het die węreld so liefgehad dat hy die (gewoonlik) snaakse Steve Carell gestuur het om 'n ark te bou en ons te vermaak. Steve het die ark gebou, maar dit was glad nie snaaks nie. Morgan Freeman is God en hy gee vir Evan (Steve Carell) opdrag om 'n ark te bou. Daar is 'n vloed aan die kom, maar die keer is dit nie deur God se toedoen nie. Indien jy The Santa Clause gesien het weet jy wat om te verwag van Evan Almighty. Carell se metamorfose as Noag is vreeeeeslik baie dieselfde as in The Santa Clause waar Tim Allen verander in kersvader.
Maar waar is die grappe? Komedies het grappe nodig. Steve Carell is inderdaad snaaks en hier verdien hy weer 'n paar punte vir die fliek, maar daar skort inderdaad iets belangrik met die teks - dit is nie snaaks nie. Die fliek laat jou glimlag, maar dit voel soos myle van lag af. |