Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Webroekeloos.co.za Google

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Flieks

Stuur jou resensie vir ons by

I now pronounce you Chuck and Larry

Met: Adam Sandler, Kevin James, Jessica Biel, Ving Rhames & Dan Aykroyd
Regisseur: Dennis Dugan

Die fliek is so vars soos 'n pap snoek wat buite gelê het op 'n snikhete somersdag in die Karoo. Adam Sandler - wat kan mens meer aanvoer as rede. Die keer word hy boonop bygestaan deur Kevin James. Deel van beide se repertoire is sulke gesigsuitdrukkings wat lyk asof iemand besig is om hulle te kastreer - nie 'n slegte idee nie.

I now pronounce you Chuck and Larry is die verhaal van twee brandweermanne (ja, ongelukkig Sandler en James) wat maak asof hulle gay is, sodat hulle pensioenvoordele kan ontvang by die werk.

Loshande is hierdie dié fliek vir homofobiese mans, nie omdat dit hulle tot ander insigte sal bring nie, maar omdat dit hulle oortuigings sal versterk. Elke moontlike gay stereotipe word uit die kas gepluk hier. Dit is ook net hulle wat moontlik nog kan lag vir gay grappies wat al so baie vertel is dat dit nie eers meer kwalifiseer as grappe nie.

Verder sal dieselfde mans in ekstase wees, want alle vrouens word hier uitgebeeld as niks meer as bimbo's nie.

I now pronounce you Chuck and Larry So haal uit jou vooroordele en gaan lag lekker vir swak vermaak soos net Adam Sandler kan opdis.
3 / 10

Voorprent: I now pronounce you Chuck and Larry ->

Flieks
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
Q
R
S
T
U
V
W
X
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner