AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by Knocked UpJMMet : Katherine Heigl Behoed my tog dat ek my nooit by die sedebewakers sal skaar nie, maar die gebruik van kragwoorde wat slegs ten doel het om kuis tienermeisies (as hulle nog bestaan) na hul asem te laat snak kom bloot idioties voor. So ook kru verwysings na die vroulike geslagsdele buite enige konteks. Dit is skrikwekkend dat regisseur Judd Apatow as die nuwe Gesalfde van die Hollywood komedie beskou word. Sy werk is beslis in 'n ander klas as die American Pie's, maar dis nog lank nie revolusionêr nie. Apatow se The 40 Year-Old Virgin het die verbeelding aangegryp, maar Knocked Up is 'n trappie terug. Die fliek is 'n tipiese swangerskapkomedie. Dit faal ook juis omdat dit tipies van die genre is en die storielyn dus baie voorspelbaar raak. Na een nag saam met 'n luiaard van formaat raak die mooi meisie swanger en moet hulle besluit of sy die baba gaan hou en wat daarna. Jy kan nou al raai wat gaan gebeur. Soos jy seker kon aflei steun die komiese elemente ook te veel op oppervlakkigheid. Wat die film van totale ondergang red is, tipies van Apatow, die volwasse wyse waarmee hy die sentrale tema behandel en dat hy ons oogklappe probeer afhaal wanneer hy die hoofkarakters uitbeeld.
|