AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by The InvasionJMMet : Nicole Kidman, Daniel Craig, Jeremy Northam, Jackson Bond, Jeffrey Wright en Veronica Cartwright Ek sou skop, skree, byt, hare trek, vingers in oë druk en my ouma wurg, maar nooit, maar nooit sou ek 'n lelike woord oor Nicole Kidman uiter nie. Maar soos ek daai keer vir daai meisietjie gesê het : "Daar is 'n eerste keer vir alles." Indien jy die vorige film gesien het, Invasion of the Body Snatchers (1978), moet jy een ding weet, die twee flieks het niks in gemeen nie. Invasion of the Body Snatchers was eersteklas wetenskapsfiksie, The Invasion is eersteklas snert. 'n Sielkundige (Nicole Kidman) ontdek 'n vreemde epidemie wat met 'n pendeltuig se stukke hier aangeland het en wat besig is om die mensdom oor te neem. Toevallig is haar seun die sleutel om dit te stop.
Die film self is 'n gelapte konkoksie wat vrot is van sinnelose pogings om spanning op te bou. Ditlyk ook asof die regisseur begin het met een tipe film en klaargemaak het met iets heeltemal anders. Die ergste van alles is dat 'n paar van die zombies vreeslik prekerig raak. In jou lewe ...4 uit 10 |