AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by The 11th HourJMMet : Leonardo DiCaprio The 11th Hour is 'n eersteklas riller. Die ergste is, dit is 'n dokumentêr wat ons almal se storie vertel. Leonardo DiCaprio was die dryfkrag agter hierdie projek wat ten doel het om ons wakker te skud. Dit tel die storie op waar Al Gore en Davis Guggenheim se An Inconvenient Truth opgehou het. Maar die film fokus nie noodwendig op wat vir ons voorlê nie en probeer nie politieke punte behaal nie, dit fokus eerder op wat die wêreld se denkers en wetenskaplikes dink ons te doen staan. Wat jou kan afsit van die dokumentêr is al die invoegsels van daai tipe ouens wat hulle aan bome vasketting en praat asof hulle ook die boom gerook het. Afgesien daarvan kom die boodskap egter hard en duidelik deur : Doen iets of sterf uit! Maar dis nie net bangmaak stories en bewusmaking nie. Die dokumentêr kyk ook na moontlike oplossings vir ons probleme en mens voel geïnspireer wanneer jy die teater verlaat.
|