AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by The KingdomJMMet : Jamie Foxx & Jennifer Garner In hierdie fliek word Rambo losgelaat tussen die Arabiere. Terroriste vermoor meer as 400 Amerikaanse burgerlikes in Saoedi-Arabië en die FBI wil ondersoek instel, maar sonder om die status quo te versteur. Die FBI-agente wat gestuur word het egter ander plannetjies. Die film is nie veel meer as 'n klomp ontploffings en en 'n geskreeu en 'n geskiet nie. Kyk maar na die voorprent, die hele film boer voort op daardie trant. Daar is snaaks genoeg 'n ou boodskappie dat oorlog nie goed is vir ons nie, dít in 'n film wat jou basies laat verstaan dat indien jy met Amerika mors jy altyd die slegste daarvan sal afkom en almal behoort die Amerikaanse popkultuur aan te hang. Jamie Foxx klink op meer as een geleentheid asof hy sy woorde aflees, maar woorde is mos nie belangrik indie jy goed het wat ontplof nie. Op 'n manier sou die film vermaaklik kon wees indien dit nie vol selfverheerliking was nie. |