AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by The Golden CompassJMMet: Dakota Blue Richards, Nicole Kidman, Daniel Craig & Sam Elliott The Golden Compass is goeie vakansievermaak, maar so ook poppekas by die biblioteek, en daarvoor hoef jy nie te betaal nie. Laat ek Chris Weitz komplimenteer op die rekenaarwerk en aksietonele in hierdie film, 'n eerste vir hom. Die res is ongelukkig niks meer as wat mens van die American Pie-regisseur verwag nie. Die karakterontwikkeling is heeltemal soek en Weitz se vermoë om 'n skafbare storie te vertel is beperk. Die akteurs help ook nie eintlik nie en dit is net Nicole Kidman wat lyk asof sy op die stel hoort.
|