AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by The LadykillersMet: Tom Hanks & Marlon Wayans Joel en Ethan Coen verdien hul reputasie as konings van komedie, maar The Ladykillers laat hulle soos moordenaars van komedie lyk. Mev. Marva Munson, weduwee en getroue kerkganger, verhuur ´n kamer in haar huis aan Prof Goldthwait Higginson Dorr (Tom Hanks) wat besig is om ´n boek te skryf. Wat mev. Munson nie weet nie is dat die prof en sy maatjies haar kelder gebruik om planne te maak om ´n casiono te beroof deur ´n tonnel te graaf vanaf haar kelder tot by die vertrek van die casino waar die geld getel word. Mev. Munson betrap die spulletjie op heterdaad en beveel hulle om soet seuntjies te wees en al die geld terug te gee. Hoe nou gemaak met mev. Munson, dood moet sy, maar wie gaan dit doen. Tom Hanks kom oppervlakkig voor as die prof en daar is ´n groot tekort aan talent onder die res van die rolverdeling. Die film is oppervlakkig genoeg om te dien as ´n sitcom op tv. |
Starsky & Hutch Starsky & Hutch bring hulde aan die televisiereeks uit die ´70s met dieselfde naam EN dryf die spot daarmee. Die eerste suksesvolle film in die genre, wat deesdae so gereeld opgebring word in Hollywood. Die sukses van hierdie film skryf ek toe aan die goeie interaksie tussen die rolprent se sterre, Ben Stiller en Owen Wilson. Met die hulp van oulike kwinkslae vertolk hulle die twee teenoorgestelde karakters uitstekend. Starsky en Hutch werk vir die eerste keer saam aan ´n moord wat gekoppel word aan ´n nuwe soort kokaiëne (New Coke) wat honde nie kan uitsnuffel nie. Starsky & Hutch is beslis regisseur Todd Phillips (National Lampoon's Animal House en Road Trip) se beste poging. Behalwe vir die goeie vertolkings is daar nog die klere, hare, meubels en disco wat perfek in plek val. Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. |