AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by
Wild Wild WestWelkom in die Wilde Weste, waar innuendo's en komedie die voorland is. Koeëls blits maar min rond, maar hope boosheid en skurke is daar genoeg om mieliemeel van te maak. Clint Eastwood sal hom nooit dood in een van hierdie rolle vang nie, en daarom kan jy dan ook net verwag dat met karakters soos Will Smith en Kevin Kline die lagspiere - meer as die vingerspiere op die sneller van die rewolwer - geprikkel gaan word. James West (Will Smith) en Artemus Gordon (Kevin Kline) is spesiale agente wat se grootste hartsbegeerte dit is om Dr Arliss Loveless vas te trek. Oorspronklik het die twee maar min ooghare vir mekaar, maar hulle verskeie talente word soos ´n magneet nader aan mekaar getrek, sodat hulle ´n formidabele spanpoging aanwend om die gewestes aan te durf. Die moeilikheidmaker is die beenlose Dr Arliss Loveless (Kenneth Branagh) wat net een doel voor oë het: om die President van Amerika op sy knieë te dwing sodat hy self die troon kan bestyg. En dit is dit volle omvang van die storie. As dit nie was vir die humor, vinnig-bewegende tonele en visuele effekte nie, sou WWW werklik maar droog afgegaan het. Die verhaal is nie veronderstel om geloofwaardig te wees nie, want met al die verskeie polities-verkeerde benaderings, wonder ´n mens hoekom Lesley Nielson (The Naked Gun) se naam nie êrens op die rol verskyn nie. Die groot sleutel tot genieting van WWW is die humor. In sekere opsigte is die humor só skerp dat indien jy nie bietjie wêreldwys is nie, dit jou verbygaan, òf jy vind jouself dalk alleen kliphard aan die lag omdat jy die enigste een oud genoeg is om ´n sekere innuendo te begryp. Maar die stof word teen die einde selfs ook op die humor gegooi en daar bly maar min van lag in die harde woestynteater oor. WWW is beslis nie - soos sommiges meen - die Star Wars van die wilde weste nie; laasgenoemde sal sekerlik een van die groot flieks van alle tye bly, terwyl Wild Wild West een of ander tyd in ´n veraf wilde westedorpie saam met die coyotes gaan huil. Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. |