Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Webroekeloos.co.za Google

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Flieks

Stuur jou resensie vir ons by

The World is not enough

The World Is Not Enough

Wat kan dan nou gesê word oor die man wat ´n lisensie het om dood te maak? Dat hy sjarmant is? Of dat sy sê-goed selfs Edward Scissorhands ´n sny sou gee? Of dalk dat die wêreld se beste spioen van sy drankie geskud hou, nie geroer nie?

Pierce Brosnan is terug in sy derde vertolking van 007, James Bond, in The World Is Not Enough. Onnodig om enigsins iets oor die storie te verklap, maak bekende akteurs soos Sophie Marceau, Robert Carlyle en Denise Richards belangrike bydraes tot hierdie aksiebelaaide fliek.

Kykers wat al kennis gemaak het met Bond, sal tevrede wees om te verneem dat die resep nie veel verander het in dié nuutste uitgawe nie, behalwe dat daar ´n merkwaardige oorbeweging is na ´n meer konsensieuse aanbieding met ´n ietwat gepleisterde politieke korrektheid.

Opmerklik ook dan in The World Is Not Enough is dat James Bond nie summier maar net op die matrasse (of waar ook al) met die skone diva's baljaar nie, maar dat daar ´n deurskemering van ´n morele verantwoordelikheid is in sy benadering teenoor die eva's.

Op ´n James Bond-skaal val The World Is Not Enough gerusstellend saam met die meesters en is sekerlik tot datum aan die toppunt van seksuele innuendo's en dubbelsinnighede.
Koop The World is not enough...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons.

Lewer jou kommentaar / bydrae hier of faks dit na 0866668575.

Flieks
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
Q
R
S
T
U
V
W
X
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner