Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Webroekeloos.co.za Google

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Flieks

Stuur jou resensie vir ons by

X-Men

Aksie-flieks maak gewoonlik ´n klein huisie vol geld, maar hierdie een verdien die Uniegebou vol geld. Die film gaan veroorsaak dat daardie vervaardiger wat die Green Latern fliek wil vervaardig in die toekoms ´n Afrika-land se begroting (ok, ´n paar Afrika-lande) gaan nodig hê.

Indien die name Wolverine, Storm, Cyclops en Jean Grey vir jou iets beteken, dan gaan September jou gelukkige maand wees (dit is nou as jy in Suid-Afrika woonagtig is). Moet egter nie wegbly indien jy nie Professor X van Superman kan onderskei nie. Bryan Singer se slim, gefokusde weergawe is duidelik genoeg vir almal om te verstaan en om jou sommer weer in die ry laat gaan staan om dit weer te sien.

Vir ´n slag slaag ´n film daarin om die oorspronklike idealistiese en speelse interaksie tussen die karakters vas te vang. Die fliek is nie perfek nie, maar die skerp toon wat dit aanvoer oorskadu die slegte gedeeltes genoeg. Patrick Stewart, as Professor Charles Xavier, is in beheer van die goeie ouens. Hugh Jackman, as Wolverine, is egter die ontdekking van die jaar. Hy is drie minute op die skerm as hy grom: I'll have a beer. Van daardie punt af maak hy die karakter sy eie. Nie dat sy maatjies te sleg vertoon nie. Anna Paquin, Famke Janssen en Halle Berry lewer self oortuigende spel. Die swemdrag-godin, Rebecca Romijn-Stamos het net een sinnetjie wat sy kwytraak, maar sy sal sonder twyfel onthou word deur sommige mense.

X-Men is van die tipe flieks wat jou dadelik laat hoop vir ´n X-Men II. Kom ons vat ´n groot kans en gee dit die hoogste punt nog ooit op Roekeloos,
8 op ´n skaal van 10
Koop X-Men...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons.

Lewer jou kommentaar / bydrae hier of faks dit na 0866668575.

Flieks
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
Q
R
S
T
U
V
W
X
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner